MELACH KUDDEPATOGENE ENTSTOWWE
Kuddepatogene entstof word spesiaal geformuleer om 'n heersende infeksieuse sieketoestand strategies te beheer as 'n voorkomende instrument in 'n bepaalde kudde, waar die patogene versamel is tydens 'n heersende sieketoestand.
Heersende patogene stamme wat verantwoordelik is vir 'n betrokke sieketoestand of wat die vatbare kudde bedreig word, word geïsoleer, wetenskaplik geformuleer en verwerk tot 'n veilige, doeltreffende entstof.
Standaard geregistreerde kommersiële entstowwe wat algemeen in die handel beskikbaar is en nie genoegsame immunologiese dekking teen plaaslike stamme voorsien om 'n kudde te beskerm teen 'n spesifieke aansteeklike siektebedreiging nie, word deur so 'n unieke produk aangevul tot voordeel van die betrokke kudde wat onder bedreiging staan. Dit het dus 'n totaal ander funksie as, en aanvullend tot bekende kommersieël vervaardigde entstowwe vir 'n algemene siektevoorkomingsprogram.
Sommige patogene besit die vermoe om in patogeniteit en immunologiese opspoorbaarheid hulself te verander en te verskans. Sekere siektes word deur 'n verskeidenheid serotipes veroorsaak en geen wêreldwye kommersiële entstof kan dekking verskaf teen alle stamme en serotipes wat in plaaslike areas voorkom nie, asook nie vir kleinuitbreking siektes nie. Interaksie tussen patogene asook oorleefbaarheid teen ontsmettingsmiddels, antibiotika, bestuurs en omgewingstoestande bepaal watter organisme oorheers om siekte te veroorsaak.
Oordeelkundige veearts diagnostiek, betroubare entstofbereidingstegnologie en 'n veilige, steriele eindproduk is voorwaardes vir 'n goeie, effektiewe kuddepatogene entstof as 'n voorkomingsmaatreël tot vinnige reaksie kuddegesondheid en welvaart.
'n Goeie voorbeeld waar kuddepatogene entstowwe suksesvol gebruik word, is byvoorbeeld in 'n goedbeplande mastitisskema as een van die voorkomingsinstrumente tot 'n laer somatiese seltelling. Tientalle verskillende patogene kan mastitis veroorsaak, maar dit is goed gedokumenteer dat in sekere stalle, met hul unieke bestuurs- en behandelingsaksies, slegs sekere patogene oorheers en mastitis veroorsaak in 'n bepaalde tydperk van blootstelling.Intensifikasie en ander epidemiese omgewingstoestande het tot gevolg dat spesifieke patogene oorleef en 'n kudde bedreig. Voorbeelde hiervan is bekend aan elke kalfgrootmaak eenheid waar seeroë, maagwerkings, longontsteking en vratte voorkom.
Voerkraalondernemings is ook meer belangstellend tot van hierdie voorkomingsmaatreël omdat vreemde patogene van heinde en ver saam ingekoop word, wat ander vatbare diere in die krale blootstel.
Uit die aard en funksie van 'n kuddepatogene entstof is dit 'n ongeregistreerde veeartsvoorskrifproduk wat dien as 'n noodmaatreël aangesien geen geregistreerde produk bestaan, of omdat die bedreiging ontstaan het as gevolg van 'n betrokke kudde se unieke omstandighede en behoefte. Vir hierdie rede moet kuddepatogene entstowwe altyd as eksperimenteel beskou word, en moet dit streng volgens die veearts se voorskrif toegedien word.'n Duidelike strategiese entingsprotokol moet gevolg word in samewerking en ondersteunend tot 'n aanvaarde voorkomende gesondheidsprogram.
'n Effektiwiteitskontroleaksieplan moet ook in plek wees. 'n Kuddepatogene entstof word op grond van 'n deeglike diagnose, identifikasie en kweking van die betrokke organismes vervaardig en deur 'n veearts aanbeveel vir 'n spesifieke tyd en kudde. Steeds egter word die toediening en risiko vrywillig deur die kudde-eienaar geneem in eie keuse, aangesien daar geen ander opsie bestaan teen die bedreiging van die kudde nie.
Normale entstofhanteringsvoorsorgmaatreëls moet deurentyd gehandhaaf word, nl.: